You are currently viewing Prof Lise Korsten ontvang MT Steynprys

Prof Lise Korsten ontvang MT Steynprys

Prof. Lise Korsten van die Universiteit van Pretoria se departement plant- en grondwetenskappe ontvang vanjaar die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se M.T. Steyn-prys vir natuurwetenskaplike en tegnologiese prestasie.

Prof. Korsten is mededirekteur van die departement van wetenskap en innovasie, die nasionale navorsingstigting en die sentrum van uitnemendheid vir voedselsekerheid, sy is ook voorsitter van die Internasionale Vereniging vir Plantpatologie se taakgroep vir voedselsekerheid.